Wednesday 8 February 2012

Alles wat asemhaal

Die jaar het al 'n treetjie aanbeweeg en ons is nou al net net in Februarie. Tyd vlieg as jy besig is en soos wat ek tik dink ek klaar aan die ander lot goedjies wat ook nog moet gebeur, voordat ek my lig vanaand afsit. Maar vir nou kom ek tot stilstand:


Ek is moeg gejaag, moeg gewerk en my siel is uitasem. Ek soek asem, kalmte en 'n minuut wat ek regtig net aan niks hoef te dink nie.

Die woorde wat ons in die kerk gesing het gaan deur my gedagtes:

Alles wat asemhaal buig voor U neer
Alles wat asemhaal roep U naam.

Ek wil voor my God buig, ek wil my God roep..Kom red my uit hierdie besige werkplek en gee vir my rus.

So my troos vir Februarie is God se belofte:

'Die Here is naby almal wat Hom aanroep, vir almal wat Hom in opregtheid aanroep. Ps 145:18'

Hier onder is ek en my Ouma Mol..haar asemhaling het altyd my rustig gemaak!!

Thursday 12 January 2012

Nuwe jaar, nuwe dinge

Daar gaan so baie in my gedagtes aan maar sodra ek dit wil tik kan ek nie aan  een enkele woord dink nie, ek dink dis die nuwe jaar se "to do" lysie wat my heel deurmekaar het.

Nuwe jaar beteken voornemens, nuwe seisoene, en die grootste hoop dat hierdie jaar JOU jaar sal wees. Maar ek lees vanoggend: As jy enduit stewig bly vashou aan die vertroue op God waarmee ons oorspronklik begin het, sal ons deel in alles wat aan Christus behoort (Heb 3:14) Die bybel het my ontnugterend herinner dat ek die Here in alles moet vertrou en dat Hy in elkgeval in beheer van my sake is.

Ons of altans ek  is so gewoond om hierteen te stry, ek se graag elkeen bepaal sy eie geluk...Jy doen seker maar ek besef net weer dat daar waar God is is natuurlik geluk, dalk nie die geluk wat jy dan wil he nie maar wat God dan vir jou wil gee.

Soms voel ek net ek tol my self toe met my eie onsekerhede teleurstellings hartseer dat ek nie die magiese genadestrale oor my sien val nie. So ek het net een voorneming vir die jaar:

Ek wil meer en meer vir God vertrou met my lewe en minder en minder dink ek is nie goed genoeg vir die taak nie...