Wednesday 8 February 2012

Alles wat asemhaal

Die jaar het al 'n treetjie aanbeweeg en ons is nou al net net in Februarie. Tyd vlieg as jy besig is en soos wat ek tik dink ek klaar aan die ander lot goedjies wat ook nog moet gebeur, voordat ek my lig vanaand afsit. Maar vir nou kom ek tot stilstand:


Ek is moeg gejaag, moeg gewerk en my siel is uitasem. Ek soek asem, kalmte en 'n minuut wat ek regtig net aan niks hoef te dink nie.

Die woorde wat ons in die kerk gesing het gaan deur my gedagtes:

Alles wat asemhaal buig voor U neer
Alles wat asemhaal roep U naam.

Ek wil voor my God buig, ek wil my God roep..Kom red my uit hierdie besige werkplek en gee vir my rus.

So my troos vir Februarie is God se belofte:

'Die Here is naby almal wat Hom aanroep, vir almal wat Hom in opregtheid aanroep. Ps 145:18'

Hier onder is ek en my Ouma Mol..haar asemhaling het altyd my rustig gemaak!!

No comments:

Post a Comment